Your Recipe Blog

ROMERIGE BROCCOLISOP

ROMERIGE BROCCOLISOP

  • 375 ml broccoli
  • 200 ml kookwater, waarin jy een blokkie Knorrox hoenderaftreksel reeds opgelos het
  • 2 liter melk, ek het helfte water en helfte melk gebruik en geen room
  • 1 pakkie wituie soppoeier
  • ½ houertjie room, opsioneel
  • gerasperde cheddarkaas, opsioneel

Kook die broccoli ’n rukkie met deksel op in die 200 ml hoenderaftreksel.
Verwyder die deksel en laat al die water wegkook.
Verpulp die broccolli tot sag.
Haal uit pot, sit rukkie eenkant.
Kook 2 liter melk in dieselfde kastrol.
Terwyl jy dit tot kookpunt bring, roer 1 pakkie wituie soppoeier (wat jy met vurk darem eers met klein bietjie koue melk of water aangemaak het) by melk in.
Soos jy witsous sou maak.
Wanneer die melk met uiesop begin kook, voeg die broccolli by.
Roer lekker deur.
Kook ongeveer 1 minuut.
Voeg opsioneel, halwe houertjie room by en roer deur, laat deurkook.
Roer opsioneel ‘n handvol kaas in die pot in of bedien met gerasperde kaas en swart peper na smaak.
Bedien met brood en geniet.

Resep: Lellanie De Villiers
Foto’s: Christelle van Rooyen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page