Your Recipe Blog

ROMERIGE AARTAPPEL EN PREI SOP

ROMERIGE AARTAPPEL EN PREI SOP

Vichyssoise with olive oil and sriracha toasted paninis (I serve my very rich potato and leek soup hot not cold as is traditional in France).
Romerige aartappel en prei sop bedien met Parmesan en gerookte paprika naan.

  • 5 blus (meelerige) aartappels (Sifra, Up to Date, Valor)
  • 3 preie
  • 1 pakkie wit uie soppoeier
  • 350 ml kookwater
  • 500 ml melk, of room as jy ryker sop wil hê

Skil en sny aartappels in kwarte.
Sny die preie in 3 cm ringetjies en sit saam met aartappels in die 350 ml kookwater in stoompot.
Stoom onder druk vir 20 min of tot die groente sag is.
Meng die soppoeier met die melk/room en gooi by die groente. Kook tot die sop begin verdik.
Prut vir paar minute, maak fyn met handmenger en bedien met kaas croutons of krakerige brood.

Nota:
Indien die sop te dik is verdun met bietjie water, room of melk.
Ek het vanaand sommer 1 liter room bygegooi om dit meer te maak en die sop met pakkie wit uie sop verdik.
Dit smaak heerlik!

Resep geplaas deur Elsabie Templeton
Fotos: Elsabie Templeton

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page