ROMANY CREAMS
Maak 86 enkelkoekies en 43 dubbelkoekies
Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit twee bakplate met kossproei.
Klits die botter tot lig en romerig, voeg die suiker bietjie vir bietjie by terwyl aanhoudend geklits word.
Voeg die klapper by en meng deur.
Sif die koekmeel, kakao, bakpoeier en sout saam, voeg by bottermengsel en meng goed met jou hande tot ‘n sagte deeg vorm.
Rol teelepelsvol van die deeg in bolletjies en pak op die bakplaat.
Druk effens plat met ‘n vurk en bak ongeveer 10-12 minute tot gaar.
Laat staan ‘n rukkie op die bakplaat om effe af te koel (die koekies is nog aan die sagte kant).
Plaas op ‘n draadrakkie en laat afkoel tot heeltemal koud.
Smelt die sjokolade in ‘n glasbak oor kookwater of in die mikrogolfoond, by 70-persent-krag tot gesmelt.
Roer elke nou en dan.
Plak die koekies twee-twee aanmekaar vas. Laat staan tot die sjokolade gestol het.
Bêre in lugdigte houers.
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Foto 1: Wiesie van Eeden
Foto 2: Ria Scheepers