ROMANY CREAMS GEVUL MET SJOKOLADE GANACHE
- 6 koppies koekmeel
- 3 teelepels bakpoeier
- 2 koppies fyn klapper
- 2 koppies growwe klapper
- 375 g botter
- 3 koppies strooisuiker
- 1 koppie kakao
- 1 ½ koppie kookwater
- knippie sout
- Ganache:
- 400 g Belgiese donker sjokolade
- 100 ml room
Room botter en suiker. Voeg meel, bakpoeier, sout en klapper by. Meng alles en voeg water by. Meng goed. Maak bolletjies en druk plat met ‘n vurk.
Bak op 180ºC vir 15 tot 20 min.
Smelt die sjokolade oor kookwater en roer die room in. Smeer op ‘n koekie, en sit ‘n ander koekie bo-op.
Laat staan om te stol.
Resep en foto: Frikkie Jones