Your Recipe Blog

ROLO SJOKOLADE FONDANT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 12 minute | Servings: 4 porsies

ROLO SJOKOLADE FONDANT

  • 125 ml (½ koppie) strooisuiker
  • 150 g botter, gekap
  • 150 g donker sjokolade, grof gekap
  • 3 eiergele
  • 3 eiers
  • 15 ml (1 eetlepel) koekmeel
  • 4 Rolo-sjokolades

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer 4 klein poedingvorms.
Plaas die suiker, botter en sjokolade in ’n hittebestande bak oor ’n pan pruttende water.
Verhit baie liggies tot die botter en sjokolade gesmelt het en verwyder dan van die hitte. Klits tot gemeng.
Voeg die eiergele en eiers een-een by en klits goed ná elke byvoeging. Vou die meel in.
Maak die vorms half vol en plaas dan ’n Rolo-sjokolade onderstebo in elke vorm.
Bedek met die res van die beslag en verkoel 30 minute in die vrieskas.
Verplaas na ’n bakplaat en bak dadelik 12 minute. Keer op afsonderlike opdienborde uit.
(Ek het wel die bakkies in ‘n pan water gesit en so in die oond gebak.)

Foto en resep geplaas deur Jaquleen Myburg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page