Your Recipe Blog

ROLKOEK MET KONFYTVULSEL

Avatar photo
Recipe by
Cook: 10 - 12 min.

ROLKOEK MET KONFYTVULSEL

Die is ‘n klein rolkoek.

  • Beslag:
  • 2 ekstra groot eiers, geskei
  • 1 ml vanieljegeursel
  • 10 ml suurlemoensap
  • 100 ml strooisuiker
  • 125 ml koekmeel
  • knippie sout
  • 5 ml bakpoeier
  • 15 ml melk
  • appelkooskonfyt
  • versiersuiker

Voorverhit die oond tot 220 grade C.
Berei ‘n bakplaat van 30 x 20 cm voor deur dit te smeer en te voer met bakpapier wat daana weer gesmeer is.
Klits die eiergele, vanieljegeursel en suurlemoensap saam.
Voeg die strooisuiker geleidelik by terwyl geklits word. Klits tot liggeel en lig.
Sif droë bestanddele (koekmeel, bakpoeier en sout) drie keer saam.
Vou die droë bestanddele by die eiermengsel, met metaallepel in.
Vou melk in.
Klits die eierwitte in groot mengbak tot styf.
Vou die styfgeklopte eierwitte in die deeg in met ‘n lepel.
Giet die deeg in die voorbereide bakplaat en maak gelyk.
Bak vir ongeveer 10 – 12 minute tot gaar.

Berei ‘n klam skoon vadoek of klam bakpapier voor om die rolkoek te rol.
Maak seker die werksoppervlakte waarop gewerk word is deeglik skoon.
Keer die rolkoek uit op die klam vadoek en verwyder die bakpapier wat aan die koek vassit.
Werk nou vinnig.
Sny nie korsies af met skerp mes en rol liggies op met die hulp van die vadoek. (Sit die “naat” aan die onderkant)
Laat afkoel.
Rol die rolkoek weer af na dit afgekoel het en smeer met appelkooskonfyt. Rol weer die rolkoek op.
Plaas die rolkoek in ‘n lugdigte houer om uitdroging te verhinder tot opdien.
Plaas op ‘n geskikte bord en strooi versuiker bo-oor.

Nota:
Foto het gesmelte sjokolade oor in plaas van versiersuiker.

Resep: Montana Hoërskool
Foto: Meisie van der Colff

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page