Your Recipe Blog

ROKET PESTO

ROKET PESTO

Ons het vanaand ons nuwe speelding innie braaikamer getoets ons dubbelle skottel braai in een maak jy kole en plaas die ander een bo oppie kole en bak dan in die boonste een.
Ons gunsteling versitile (pizza) deeg wat ons dun uitgerol het en dan in die warmgemaakte skottel gebak het vir twee tot drie min aan ‘n kant en dan vooraf gaargemaakte maalvleis wat gesmoor is saam met uie daarop geplaas, saam met vroulief se heerlike roket pesto wat bestaan het uit :

  • 2 koppies styfgestopte roketblare
  • ¾ koppie olyfolie
  • 2 teelepels tobasco
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel witpeper
  • 2 teelepels suurlemoensap
  • ½ koppie gesoute grondboontjies
  • ½ koppies parmasaankaas
  • 2 teelepels rissievlokkies
  • 1 eetlepel “crushed” knoffel

Plaas al die bestanddele in ‘n voedselverwerker en verwerk tot ‘n pasta.
Stoor in ‘n bottel wat dig seël in die yskas.
Gebruik soos verkies.

Resep:  Rinie Louw
Foto’s:  Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page