ROKET-, PEER- EN SPEKSLAAI
Mates word aangepas na aanleiding van gaste. Hierdie is vir 3 – 4 porsies
- 400 g vars roketblare
- 150 g spek stukkies, gebraai
- 4 halwe pere, effens sag gekook in bietjie suiker en goed gedreineer
- 80 g pekanneute, gekap
- paar stukkies Parmesan skaafsels
Sny pere in skywe en plaas op roketblare in ‘n slaaibak.
Strooi spek stukkies en gekapte neute oor.
Voor opdiening plaas paar stukkies Parmesan skaafsels bo-op.
- Slaaisous:
- 1 teelepel aangemaakte mosterd of na smaak
- 1 blikkie kondensmelk
Meng die aangemaakte mosterd en kondensmelk, meng goed.
Plaas in ‘n mooi opdien bakkie, of plaas op elke bord individuele glasies met slaaisous.
Laat elke gas self bietjie van die soet mosterdsous oor sy slaai skep.
Nota:
Ek is lief vir mooi Kerstafel dek en sit dan vir elkeen so ‘n slaai by sy bord.
Dan verkies ek om ‘n halwe peer heel op bietjie roket te sit, en versiering met spek in, jy kan dit heel ook hou, neute en Parmesan skaafsels.
Ek sit vir elkeen ‘n shotglasie vol mosterdsous by sy slaai.
Ook baie lekker vir ‘n ligte voorgereg.
Resep : Lorraine Weitz Brand