Your Recipe Blog

ROEREIER MET SPINASIE

ROEREIER MET SPINASIE

  • 4 eiers, geklits
  • 2 kleinerige wit uie, fyngekerf
  • 1 blikkie Spar viennas, opgekerf
  • 2 hande vol baba-spinasieblare, opgekerf (myne was vars uit my kruiebakke)
  • 1 handvol sprietuie, opgekerf
  • sout en peper na smaak (nie te veel, die viennas is ook sout)
  • Opsioneel:
  • 1 eetlepel botter

Plaas alles behalwe die eier in ‘n medium pan en braai ‘n paar minute.
Ek het geen olie of botter gebruik, dit net so gaar gestoom en geroer dat dit nie brand nie.
Indien verkies kan jy dit braai in 1 eetlepel botter.
Voeg die geklitse eiers by, roer deur  en roer gereeld dat dit nie brand nie.
Bedien dadelik sodra die eier gaar is.
Bedien saam met roosterbrood of vars broodrolletjies.

Resep en foto: Christelle van Rooyen

Leave a Review

Your email address will not be published.

*

1 2 3 4 5