Your Recipe Blog

ROERBRAAI

ROERBRAAI

  • 1 groot ui, gekap
  • 1 eetlepel knoffel, gesny
  • olie, vir braai
  • 500 g hoender of beesvleis, in strokies gesny
  • 2 eetlepels soyasous of sout met bietjie rissies
  • 1 kg pak Hawaise roerbraaigroente (Hawaian stirfry)
  • ¼ koppie soet-en suurbraaisous, of hoeveelheid na smaak

Braai uie met knoffel in vlak olie tot deurskynend. Voeg sampioene by. Braai liggies. Skep uit en hou eenkant. Braai vleis in vlak olie tot net-net gaar. Voeg  soyasous (of sout en bietjie rissies na smaak) by. Roer deur. Skep uit en hou eenkant. Maak braaipan goed warm. Voeg genoeg olie by en braai roerbraaigroente tot net gaar, sowat 4 – 5 minute. Voeg nou alles bymekaar en meng deur. Geniet.
Bedien op rys of, indien verkies, noedels.

Resep en fotos: Ronell Visser Gouws

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page