ROERBRAAI MET BEESVLEISREPIES VIR 2
- ½ rooi ui, in repies gesny
- 2 murgpampoentjies, in repies gesny
- 4 sampioene, in skywe gesny
- olie vir braai
- 250 g roerbraai beesrepies
- braaivleis speserye
- rissievlokkies
- sout en peper na smaak
- 150 g reenboog koolslaai
- 1 blokkie eiernoedels
- sojasous na smaak
Verhit olie in ‘n groot pan op die stoofplaat en roerbraai die ui, murpampoentjie en sampioene vinnig.
Voeg die beesrepies by die uiemengsel en braai vinnig.
Voeg die speserye, rissievlokkies, sout en peper by (min sout, agv die sojasous wat later bykom) en roer deur.
Voeg die reenboogslaai by en braai vinnig, nie te lank nie, die groente moet nog krakerig wees.
Voeg kookwater oor die noedels en en kook dit vir ongeveer 3 minute in die mikrogolf, dreineer en voeg dit by die roerbraaimengsel in die pan, meng goed deur.
Sprinkel sojasous oor die roerbraai en bedien.
Resep en foto: Christa Fourie