ROERBRAAI HOENDER, VARS GROENTE EN BASMATIE RYS
Roerbraai hoender en vars groente op basmati rys. Vinnig en eenvoudig heerlik.
- 4 ontbeende, gaar hoenderborsies, in repies gesny
- avokado olie (suurlemoengeur)
- 4 wortels, in julienne repies gesny
- ½ kop broccoli, in stukkies opgebreek
- 1 stingel seldery met blare, opgekerf
- 4 sprietuitjies, opgesny
- 1 teelepel gerasperde vars knoffel
- 1 teelepel gemmer
- soet-suur sous of sojasous
Ek roerbraai die groente eerste in baie warm wok in avokado olie, verwyder terwyl dit nog krakerige tekstuur het en hou eenkant terwyl die hoender repies geroerbraai word tot goudbruin. Voeg die groente by die hoenderrepies en roer deur tot dit weer warm is.
Bedien met sojasous of soet-suur sousie.
Foto en resep: Elsabie Templeton