ROCKY ROAD STAFIES
Die resep van my beste buurvrou wat sy iewers in ‘n boks al vir baie lank wegsteek om dit eendag te bak- so bly ek kon probeer, en nou steek ek die eindproduk weg en eet skelm-skelm as niemand kyk nie.
- 200 g donker sjokolade
- 200 g melk sjokolade
- 175 g botter sag
- 60 ml heuning
- 200 g Eat Sum More, grof gekap
- 100 g neute (Ek gebruik gemengdes), gekap
- 100 g glanskersies, gekap
- 100 g bosbessies, optioneel
- 100 g nougat, fyn gekap
- 10 malvalekkers
Voer pannetjie uit met foelie (Ek gebruik sommer glas Pyrex en spuit dit met kleefwerende middel)
Dan op dubbel koker smelt die sjokolade, botter en heuning. As alles baie mooi gesmelt is, meng saam met die res van die bestanddele. Meng goed.
Giet die beslag in jou pannetjie en plaas in yskas om hard te word.
Foto en resep: Maranda Van Dam