Your Recipe Blog

ROCKY ROAD STAFIES

ROCKY ROAD STAFIES

Foto en resep: Maranda Van Dam
Die resep van my beste buurvrou wat sy iewers in ‘n boks al vir baie lank wegsteek om dit eendag te bak- so bly ek kon probeer, en nou steek ek die eindproduk weg en eet skelm-skelm as niemand kyk nie.

  • 200 g donker sjokolade
  • 200 g melk sjokolade
  • 175 g botter sag
  • 60 ml heuning
  • 200 g Eat Sum More, grof gekap
  • 100 g neute (Ek gebruik gemengdes), gekap
  • 100 g glanskersies, gekap
  • 100 g bosbessies, opsioneel
  • 100 g nougat, fyn gekap
  • 10 malvalekkers
  • Voer pannetjie uit met foelie (Ek gebruik sommer glas Pyrex en spuit dit met kleefwerende middel)
  • Dan op dubbel koker smelt die sjokolade, botter en heuning.
  • As alles baie mooi gesmelt is, meng saam met die res van die bestanddele. Meng goed.
  • Giet die beslag in jou pannetjie en plaas in yskas om hard te word.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page