RIVERSIDE SE MOUSAKA
Riverside se manier van mousaka maak, en ons lief dit.
- Vleisvulsel:
- 750 g bees maalvleis
- 3 eiervrug (so gemiddelde grootte)
- 6 middel/groot aartappels
- 2 uie, baie fyn gekap
- 2 fyn gekapte huisies knoffel
- 125 ml goeie rooiwyn
- ¼ koppie vars gekapte pietersielie
- 1 koppie tamatie puree / of fyn gesnipperde tamaties (ek het my tamatiesous resep gebruik wat ek vir krummelpap maak, gebruik)
- 2 eetlepels tamatie paste
- 1 eetlepel fyn kaneel
- 1 teelepel all spice
- 1 eetlepel bruinsuiker
- Sout en peper na smaak
- 2 koppies broodkrummels
- 6 eierwit, geklits (gebruik geel by Bechamel sous)
- 1 koppie parmesan kaas (ek het cheddar gebruik)
- Bechamel sous:
- 1 koppie gesoute botter (dis omtrent 250 g)
- 1 koppie koekmeel
- 4 koppies warm melk
- 6 eiergele
- knippie nutmeg
Met groenteskiller skil eiervrug, los strepies skil aan vir mooigeid- sny die eiervrug in skywe van omtrent 5 cm dik. Plaas op ‘n bakplaat en strooi beide kante sout, laat lê vir nie minder as 20 minute nie, verkieslik ‘n uur, die sout help om die bitter van die eiervrug minder te maak en onttrek die vog.
Skil die aartappels en kook tot amper gaar, moet nog ferm wees. Dreineer en laat afkoel. Sny in 5 cm dik skywe.
Klits die eierwit met ‘n klein bietjie water tot lig.
Spoel die eiervrug af met water en maak droog met kombuispapier. Doop in die eierwit en dan in die broodkrummels. Pak op ‘n bakplaat en bak tot gaar (die AGA het nie Celsius stelling nie, in redelike matige oond gebak)
Vleisvulsel:
Roerbraai die beesmaalvleis tot pienk, voeg uie by en roerbraai tot uie deurskynend is ± 5 minute.
Voeg die knoffel by en braai 1 minuut lank.
Voeg die wyn by en prut tot die vloeistof effens afgekook is, voeg dan eers die pietersielie, kaneel en All Spice by.
Voeg die tamatiepaste, fyn gaar tamaties en suiker by en meng goed deur.
Prut vir 15 minute sonder deksel, moet redelik droog wees, nie te souserig nie.
Béchamel sous:
Smelt botter oor lae temperatuur. Met ‘n balklitser voeg die meel by om ‘n sagte pasta te verkry – moenie laat bruin word nie.
Voeg die warm melk by en klits voortdurend. Prut oor lae hitte tot sous verdik.
Verwyder van die hitte af en voeg die eiergeel een vir een by, klits aanhoudend, voeg nutmeg by.
Sit terug op die plaat en kook tot sous dik is oor meduim hitte.
Samestelling:
Smeer in lasagne oondpan liggies; strooi liggies broodkrummels.
Pak nou die lae, begin met die aartappelskywe, laat ‘n effense opening van die rand af, sodat sous later kan inloop.
Pak die lae soos volg tot alle die bestanddele op is:
Aartappel; eiervrug; beesmaalvleis; kaas; béchamel sous en dan die res van die kaas.
Bak in die oond vir ongeveer 45 min tot 1 uur.
Nota:
In die Aga se boonste oond gebak vir 30 minute (sterk warm) toe vir verdere 15 minute in die koeler onderste oond. (Elektrise stoof 180°C)
Rus vir 15 – 20 minute voor jy bedien. Dan sien jy die lae mooi. Maar as jy honger is eet maar dadelik, hehe.
Sit voor saam met ‘n mengelslaai en die res van die goeie rooiwyn.
Foto en resep: Rene Truter Wessels