RITA SE MAKLIKE VRUGTEKOEK
My verwerking van die 3 bestanddele vrugtekoek.
- 1 kg vrugtekoekmengsel
- 100 g sitrus skil
- 400 g kersies
- Week die vrugte oornag in die volgende:
- 2 koppies sterk rooibostee
- 1 koppie bruinsuiker, opgelos in die tee
- 1 koppie brandewyn
- Sif saam:
- 2 koppies bruismeel
- 1 teelepel sout
- ½ teelepel gemmer, naeltjies en kaneel
- 1 teelepel gemengde speserye
Meng die vrugtemengsel en die meelmengsel saam.
Skep in voorbereide koekpan.
Bak 3 – 4 ure teen 150ºC.
Sprinkel met brandewyn sodra dit uit die oond kom.
Draai in foelie toe sodra dit koud is en bêre om ryp te word.
Moenie weer brandewyn oorgooi nie.
Koek baie klam. Sal oor so 10 dae proe.
Nota:
Ek voer my panne met ‘n dubbellaag foelie. Blinkkant na binne gevou. Ek smeer of spuit nie eers nie. Doen dit al vir jare so.
Resep en foto: Rita Labuschagne
Hallo daar bak jy vir mense
More Heleen, ek weet nie regtig vir wie jy die vraag vrae nie, maar nee ek persoonlik bak nie vir mense nie. Hierdie is net ‘n resepte blog so Rita sal ook nie jou vraag sien nie. Glo jy verstaan.
Mooi dag.
Rina
Rita, ekt die uitprobeer en wil net weet, moet die kors so hard en taai wees as die koek afkoel VOOR ek dit met foelie wrap om ryp te word? Sal dit versag?
Hi Amanda
Ongelukkig sal Rita nie jou vraag hier sien nie, as jy direk vir haar wil vra kan jy op die facebook groep Food Lovers Recipes vir haar direk vra. Ja die koek is geneig om taierig bo op te wees en as hy baie hard is, het hy dalk maar net bietjie te lank gebak. Gee hom sy brandewyn, draai hom toe in die foelie en draai hom elke ander week op sy kop, dit help dat die brandewyn en vloeistof mooi eweredig versprei en dit sal help dat hy sag raak, maar hy sal wel sagter raak van die staan, en in die rypword proses.
Mooi dag
Rina !
Bevat vrugte koek nie eiers nie.
Annatjie daar is heelwat resepte soos die drie bestanddele vrugtekoek wat almal bak wat nie eiers in het nie, so ek glo die resep is reg.
Groete