RISSIE HAPPIES
- 375 ml chana meel (ertjie meel)
- 125 ml bruismeel
- 5 ml bakpoeier
- 5 ml koljander
- 5 ml sout
- 5 ml knoffelpoeier
- 5 ml karwysaad, fyn gemaal
- 2.5 ml borrie
- ½ ui, fyn gekap
- 45 ml fyn gekapte rou spinasie
- rissie vlokkies na smaak
Meng al die bestanddele goed saam.
Voeg genoeg water by die mengsel tot ‘n stywe deeg vorm. Meng goed deur.
Skep eetlepels vol van die mengsel in warm kookolie en braai tot goud bruin.
Dreineer op kombuispapier.
Resep: Ilona Turner
Category: