RISSIE BIERBROOD
- 500 g bruismeel
- 1 pakkie wit uie- of sampioen soppoeier
- 250 ml bier
- 250 ml melk (of los bier en melk en gebruik 1 boksie karringmelk)
- 5 gekapte rissies, of na smaak
- Cheddar kaas om oor te strooi
- Sade vir oorstrooi, opsioneel
Meng al die bestanddele saam.
Skep in ‘n klein voorbereide broodpannetjie.
Strooi kaas en sade oor.
Bak vir 50 min by 180⁰C of tot gaar toets.
Resep en foto: Bernadine Roux
Category:












