RISSIE-, BEESVLEIS- EN BONE STOWEGEREG
Hierdie resep kan aangepas word vir minder mense en enige groente kan vervang of bygevoeg raak. Ek het sommer gebruik wat ek kon kry in my yskas.
- 1 kg bees stowevleis
- 2 koppies aftreksel
- 15 – 20 klein gekleurde soetrissies, opgesny
- 1 – 2 uie, opgesny
- 1 wortel, gerasper
- 1 – 2 tamaties, opgesny
- paar sampioene volgens eie smaak
- knoffel na eie smaak
- 3 rissies of meer na smaak
- 4 blikkies verskillende bone van eie keuse
- 3 teelepels rissiepoeier
- 2 eetlepels kakoapoeier
- sout en pepper na smaak
Plaas die stowevleis in ‘n drukkoker met genoeg water en stoom vir ongeveer 20 minute totdat die vleis sag is en van die been afval.
Verwyder die bene en skep die vleis met 2 koppies van die aftreksel in ‘n oondbak, voeg die res van die bestanddele by die vleis en meng deur.
Plaas die oondbak in die oond en bak by 160ºC vir ongeveer 1 – 2 ure.
Bedien die stowegereg met rys of kapokaartappels.
Nota:
Ek het die aftreksel wat in die stoompot was gebruik, maar enige aftreksel is voldoende, pas net die sout aan.
Resep en fotos: Renate Terblanche