Your Recipe Blog

RINIE SE WENNER HOENDERPASTEI

Avatar photo
Recipe by
Cook: 60 minute

RINIE SE WENNER HOENDERPASTEI

Resep en foto: Gideon Louw
Oraait, hier kom dit rinie se hoener paai lyk so !

  • 1 heel hoender
  • 1 rol blaardeeg (puff pastry)
  • 1 pakkie sampioene gesnipper
  • 2 medium uie opgesny
  • ¼ koppie bruinasyn
  • 1 eetlepel  gekapte knoffel (crushed garlic)
  • ¼ koppie parmasaan kaas gerasper
  • 1 eier geklits vir smeer op bolaag
  • sout en swartpeper
  • 1 teelepel rissievlokkies
  • ½ pakkie sampioen room soppoeier
  • Kook die heel hoender saam met die uie, asyn en knoffel tot sag en bruin gebraai, voeg sout en swartpeper na smaak by ( kook duur +- een uur ) laat afkoel.
  • Ontbeen die hoender en voeg die sampioene, soppoeier, en rissievlokkies by, kook deur. Moenie droog wees nie en moet ‘n lekker sousie hê. Laat goed afkoel.
  • Rol die blaardeeg effens uit en plaas dit in ‘n gespuite kleinerige broodpan sodat die punte van die deeg teen die pannetjie se sy bymekaar kan kom as dit toegevou word.
  • Skep die vulsel op die deeg en strooi parmasaan kaas oor.
  • Vou nou die deeg oor na die sy van die pan en druk vas met ‘n vurk.
    Sny drie kepe oor die deeg en smeer met geklitste eier.
  • Bak in ‘n voorverhitte oond op 180ºC vir +- 1 uur.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page