RINIE SE TURKSVYSLAAI
As enigeen van julle ooit toegang het tot turksvye, probeer gerus hierdie resep.
- 12 geskilde turksvye
- Sous:
- 1 koppie mayonnaise
- 100 ml room
- 5 eetlepels blatjang
- 2 ml sout
- 2 ml witpeper
- 1 eetlepels gekerfde grasuie en nog ‘n bietjie vir garnering
Meng al die sous bestanddele saam.
Sny die turksvy in growwe stukke.
Plaas die turksvye in ‘n slaaibak en giet die mayonnaise sous daaroor.
Garneer met die res van grasuie en verkoel in koelkas.
Uit die boeke lekker.
Dis so jammer mens kry nie turksvy in die winter ook nie 😕
Foto en resep: Gideon Louw