RINIE SE TARTAR SOUS
Ek vanaand vir ons calamari steaks gebak en vroulief het vir ons chips gebak en ‘n tartar sous gemaak.
Bak die calamari in lekker knoffelbotter in ‘n warm pan vir drie minute aan ‘n kant.
Die tartar het bestaan uit:
- 4 eetlepels mayonnaise
- 1 teelepel sriracha sous
- ½ teelepel sout
- ½ teelepel swartpeper
- 1 eetlepel roomkaas
- 1 eetlepel suurlemoensap
- 1 eetlepel gekapte agurkie
- 1 eetlepel fyngekapte ui
- 1 eetlepel fyn gerasperde wortel
Meng al die bestanddele saam en bedien saam met vis of Calamari.
Ons het ook skyfies suurlemoen voorgesit.
Dit was djeeeeerlik!
Resep: Rinie Louw
Foto: Gideon Louw