Your Recipe Blog

RINIE SE SWARTPOT APPELTERT OP DIE KOLE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 1 uur

RINIE SE SWARTPOT APPELTERT OP DIE KOLE

  • Beslag:
  • 125 g botter
  • 1 ½ koppie bruismeel
  • 125 ml suiker
  • 2 eiers
  • 1 koppie melk
  • 2 teelepel vanilla
  • ‘n knippie sout
  • Vulsel:
  • 75 ml sultanas
  • 75 ml korente
  • 50 ml brandewyn
  • 50 ml soetwyn
  • 1 ml kaneel
  • knypie fyn naeltjies
  • Ekstra:
  • 7 groot groen appels
  • 100 ml suiker
  • 2 ml sout
  • 50 ml mielieblom

Meng die vulsel bestanddele saam en laat staan op ‘n lou stoofplaat vir ‘n halfuur.
Voeg dan hierby die appel in kwarte gesny, geskil en ontpit asook die suiker en sout, kook liggies tot appels verwelk.
Voeg hierby die mielieblom, wat opgelos is in koue water, laat goed deur kook tot verdik.
Laat effens afkoel en hou eenkant.

  • Sous: Verhit die volgende saam en hou warm:
  • 350 ml room
  • 250 ml suiker
  • 5 ml vanilla

Room botter en suiker, voeg twee eiers by en klits goed, voeg sout by en meng meel en melk om die beurt by, voeg laastens die vanilla by en meng goed.
Skep die helfte van die beslag in ‘n platboom swartpot.
Skep die vulsel op die beslag en skep die res van die beslag bo-op die vulsel sodat die vulsel eweredig bedek is.
Bak op medium skerp kole vir ongeveer 1 uur  of tot dit gaar toets.
Prik dan gaatjies en giet die sous oor en hou warm.
Ons het dit geniet saam met roomys en was heeeeeeeeerlik !!!

Resep : Rinie Louw
Foto : Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page