Your Recipe Blog

RINIE SE POT GEBRAAIDE LAMSRIBBETJIE

Recipe by
Cook: Ongeveer 3 ure

RINIE SE POT GEBRAAIDE LAMSRIBBETJIE

Gideon Louw aan die woord: “Vroulief het vir aandete die heerlike boklamsribbetjie, wat in stukke gesny is, gekook.”

  • 1 boklamsribbetjie
  • ± 1 – 2 uie, of na smaak, gekap
  • ± 500 ml water
  • ½ teelepel chilli-vlokkies
  • 1 teelepel knoffelvlokkies
  • witpeper na smaak
  • 2 groot aartappels, in blokkies gesny
  • sout na smaak

Braai ribbetjie en uie tot mooi bruin in bietjie olie, voeg water, asook chilli-vlokkies, knoffelvlokkies en witpeper by
Kook stadig vir twee ure, voeg dan aartappels en sout na smaak by.
Kook stadig vir nog ongeveer ‘n uur terwyl dit lekker potbraai tot mooi bruin en sag.
Bedieningsvoorstel:
Ons het dit geniet saam met blomkool en gekookte pampoen, asook ‘n skeppie noedelslaai.

Resep en foto: Gideon en Rinie Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page