Your Recipe Blog

RINIE SE MAYONNAISE HOENDER

Avatar photo
Recipe by
Cook: 90 minute

RINIE SE MAYONNAISE HOENDER

My vroulief Rinie het vir aandete vir ons die lekker mayo hoener gemaak. Ons het dit saam met smash geëet en daai sous oor die smash so inne holtetjie. Sjoeeee djeeeeerlik! Daar was ook soet gekookte wortels met ‘n klein skeppie beet-atjar.

  • 8 stukkies hoender, dye en boude
  • 2 eetlepels blatjang
  • 1½ koppie mayonnaise
  • 1 eetlepel appelkooskonfyt
  • ½ pakkie wit/bruin uiesoppoeier
  • 1 teelepel droë roosmaryn
  • ½ teelepel knoffelvlokkies
  • sout en peper na smaak
  • ½ koppie kookwater

Pak die hoender in ‘n oondvaste bak.
Meng alle ander bestanddele saam en giet dit oor die hoender.
Bak in ‘n voorverhitte oond vir 90 min op 180°C.

Resep: Rinie Louw
Foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page