RINIE SE MACARONI EN KAAS
Ek wil graag hierdie lekker macaroni en kaas resep met julle deel. Vroulief het dit aanmekaar geslaan vir aandete vanaand.
- 250 g macaroni, gekook tot gaar
- 1 pakkie “bacon bits”
- 1 medium ui, gekerf
- 500 ml melk
- 1 teelepel rissievlokkies
- 1 teelepel “Italian herbs”
- 1 teelepel knoffelvlokkies
- 450 ml gerasperde kaas (hou ‘n kwart terug)
- 150 ml broodkrummels
- 300 ml room
- 4 eiers, geklits
Braai die spekstukkies en uie saam vir ‘n rukkie.
Plaas die gaar macaroni in ‘n oondvaste bak (200 x 300 mm), volg met ‘n laag kaas, daarna die spek en uie.
Meng die vloeistowwe, eiers en speserye en giet dit bo-oor die inhoud van die bak.
Bak vir 30 min op 180°C.
Strooi die krummels en res van die kaas bo-oor en verbruin effens.
Dit is djeeeeerlik!
Resep: Rinie Louw
Foto: Gideon Louw
Ek weet nie wat ek verkeerd gedoen het nie maar my sous was vreeslik geskif. Dit was rêrig onaangenaam.
Michele regtig jammer om te hoor, maar die resep is perfek ek het dit al self paar keer gemaak. Die probleem is soos volg:
The eggs, cream or milk are too cold!
This allows your batter to become a smooth emulsion of fat (from butter and egg yolk) encasing water (from egg white), all while trapping air. If one ingredient is too cold, smooth batter suddenly changes to pockets of fat floating in water…not so delicious.
Hoop dit help jou volgende keer.
Groete
Rina