Your Recipe Blog

RINIE SE MACARONI EN KAAS MET MOZZARELLA

Avatar photo
Recipe by
Cook: 1 uur

RINIE SE MACARONI EN KAAS MET MOZZARELLA

Vroulief het vir aandete hierdie heerlike mac and cheese gemaak ons het dit saam met ‘n groenslaai geniet en was djeeeeeeerliky vrou kan!

  • 1 pak spek, gesnipper
  • 1 rou ui, gekerf
  • 1 teelepel mosterd
  • 1 teelepel rissievlokkies
  • 1 teelepel knoffelvlokkies
  • 1 teelepel sout
  • swart peper na smaak
  • 4 eiers, geklits
  • 500 ml melk
  • 250 ml room
  • 450 ml gerasperde cheddar kaas
  • ½ koppie broodkrummels
  • bietjie gerasperde Mozzarella kaas
  • 500 g rou macaroni, gekook

Braai spek effens en hou eenkant.
Voeg melk en room by die eiers.
Voeg die droë speserye/kruie daarby.
Voeg die kaas en spek by die mengsel.
Voeg die uie by.
Voeg die gekookte macaroni by en roer goed deur.
Bak in voorverhitte oond teen 180°C vir 1 uur.
Verwyder uit oond.
Sprinkel die broodkrummels en Mozarella bo-oor.
Bedien na 5 minute.

Resep: Rinie Louw
Foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page