RINIE SE KLEINMAAT HOENDERPASTEI
Naweke issit my beurt vir kosmaak, gewoonlik ‘n braai of ‘n poitjie, maar oppie kole sal dit wees.
Nou vandag issit Dingesdag. Maandae issit gewoonlik krappejale en vroulief Rinie se beurt, maar vir vandag het sy haarself oortref met hierdie hoenerpastei. Dit was nou uit die boeke saam met daai lekker tjips en ‘n heel beet hmmmmmm djeeeeeerlik.
- 2 hoenderborsies
- 1 eetlepel botter
- 2 uie, fyngekap
- 1 teelepels rissievlokkies
- 1 teelepels Italiaanse kruie
- ½ teelepel sout
- 1 eetlepel knoffelvlokkies
- 2 eetlepel sampioensoppoeier
- 1 eetlepel suiker
- ½ koppie water
- ½ koppie room
- 1 pak skilferkorsdeeg
- bietjie ekstra melk vir oor verf
Smoor die fyngekapte uie in ‘n bietjie botter.
Sny die hoenderborsies in kleiner repe en braai of prut saam tot die hoender mooi bruin en gaar is.
Voeg die rissievlokkies, knoffelvlokkies, kruie en sout by.
Voeg halwe koppie water by en kook deur.
Voeg die soppoeier by en prut so ongeveer 5 minute.
Voeg suiker by.
Voeg nou die room by en laat goed afkoel.
Deel die deeg in twee. Rol die 1 helfte van die deeg uit en voer ‘n bakskottel daarmee.
Hou die res van die deeg vir bo-op.
Skep die vulsel in en bedek met die 2de stuk deeg wat ook uitgerol is.
Druk gaatjies in die deeg en verf met ‘n bietjie melk.
Bak vir ongeveer 45 minute in ‘n voorafverhitte oond tot gaar en mooi bruin.
Resep en foto: Gideon Louw