Your Recipe Blog

RINIE SE KERRIEBOONTJIES

RINIE SE KERRIEBOONTJIES

Vroulief (Rinie) het vanoggend weer n bietjie kerrieboontjies gekook want die ander kooksel is op en dit is n moét in die Louw huishouding.

  • 4 lb groenboontjies, gekerf (1.8 kg)
  • 4 groot uie, gekerf
  • 1 ½ koppies asyn
  • 1 eetlepel mosterdpoeier
  • 1 ½ eetlepels Maizena
  • 2 eetlepels kerriepoeier
  • 1 ½ koppies suiker

Kook die boontjies en uie saam met ‘n bietjie sout vir ongeveer ‘n halfuur en dreineer.
Voeg dan 1 koppie water by die boontjies en plaas op ‘n warm plaat.
Maak ‘n sous van al die ander bestanddele en voeg dit by die boontjies.
Laat prut vir 2 – 3 minute en bottel die groenboontjies warm.

Resep en foto: Rinie Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5