Your Recipe Blog

RINIE SE HOENDERPASTEI

Recipe by
Cook: 60 minute

RINIE SE HOENDERPASTEI

Vanaand het die heerlike hoenerpastei op my tafel beland.
Vroulief het dit perfek voorberei.
Lekker niks droog met baaaaie vleis inteenstelling met die winkelpaais wat net sous en deeg is. Ons het dit saam met ‘n skeppie erkies ‘n skeppie gekookte wortel en klein gebakte aartappeltjies asook ‘n stukkie avokado geniet.

  • 1 heel hoender
  • 1 rol blaardeeg
  • 1 pakkie sampioene, gesnipper
  • 2 medium uie, opgesny
  • ¼ koppie bruinasyn
  • 1 eetlepel gekapte knoffel
  • ¼ koppie parmasaan kaas
  • 1 eier, geklits vir smeer op bolaag
  • sout en peper
  • 1 teelepel rissie vlokkies
  • ½ pakkie sampioen room soppoeier

Kook die heel hoender saam met die uie, asyn, en knoffel tot sag. Voeg sout en swartpeper na smaak by. Die kook duur omtrent een uur. Laat afkoel.
Ontbeen die kiep en voeg by die sampioene, soppoeier en rissie vlokkies. Kook deur.
Dit moenie droog wees nie en moet ‘n lekker sousie hê. Laat koel af.

Rol die blaardeeg effens uit en plaas dit in ‘n gespuite kleinerige broodpan sodat die punte van die deeg teen die pannetie se sy bymekaar kan kom as dit toegevou word.
Skep die vulsel op die deeg en strooi parmasaan kaas oor.
Vou nou die deeg oor na die sy van die pan en druk vas met ‘n vurk.
Sny drie kepe oor die deeg en smeer met geklitste eier.
Bak in ‘n voorverhitte oond van 180°C vir so ‘n uur.

Resep en foto: Gideon en Rinie Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page