Your Recipe Blog

RINIE SE HERDERSPASTEI

Recipe by
Cook: 30 minutes

RINIE SE HERDERSPASTEI

Rinie het hierdie lekker herderspastei vir aandete voorberei en ons het dit saam met ‘n skeppie soetwortels en ‘n skeppie beetslaai geniet

  • 1 kg maalvleis, tuisgemaak
  • 2 groot uie, gekap
  • 1 dessertlepel Italiaanse kruie (Italian herbs) (12.5 ml)
  • 1 dessertlepel knoffelvlokkies (12.5 ml)
  • 1 teelepel rissievlokkies
  • 1 teelepel witpeper
  • 1 teelepel sout
  • 1 eetlepel Worcestersous
  • 2 eetlepels balsamiese asyn
  • ¾ koppie tamatiesous
  • ½ pakkie sampioenroomsoppoeier
  • ⅓ koppie suiker
  • 1 koppie bevrore groente
  • 5 aartappels vir kapokaartappels
Smoor die uie tot deurskynend. Voeg die maalvleis by die uie. Braai tot vleis lekker bruin is. Voeg nou die geurmiddels by. Voeg ook daarby die koppie bevrore groente. Heel laaste word die suiker bygevoeg. Kook goed deur tot alles sag en gaar is.
Kook die aartappels tot sag in bietjie soutwater.  Maak kapokaartappels van die gaar aartappels. Skep die vleismengsel in gesmeerde oondbak. Skep die aartappels bo-op en maak gelyk.
Bak vir ongeveer ‘n halfuur in voorverhitte oond 180° C.
Laat staan vir ‘n paar minute om te stol voor jy bedien.

Baaie djeeeeerlik!!

Resep en foto: Gideon Louw
2de foto:  Zita Harber – net die maalvleis

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page