RINIE SE GEBOTTELDE PASTASLAAI
Resep en foto: Rinie en Gideon Louw
Vroulief Rinie het vandag weer ons heeerlike pastaslaai aangevul,want dit is ‘n moet in die Louw’s se spens kas. Hierdie is waaragtig baaaaie lekker.
- 325 ml olie
- 500 ml suiker
- 500 g uie, geskil en gekap
- 1 kg tamaties, ontvel en gekap
- 2 groen soetrissies, ontpit en in repies gesny
- 250 ml asyn
- 100 ml mayonnaise
- 500 g pypie pasta
- 2 soplepels Aromat
- Tabasco sous na smaak
- 2 teelepels elke van growwe sout, peper, swartpeper, fyngedrukte knoffel
- Kook noedels, dreineer en hou eenkant.
- Kook olie, suiker, uie, tamaties, soetrissies en asyn vir 20 min.
- Voeg die res van die bestanddele, sowel as die noedels by en kook deur vir 5 min.
- Bottel warm.
- Nota:
- Die nadeel van die pypies is dit hou baie lug in die pypies as dit gebottel word so probeer maar soveel moontlik lug uit kry.
- Inteendeel skulpies noedel werk lekkerder wat dit betref.
Category:













