Your Recipe Blog

RINIE SE GEBOTTELDE PASTASLAAI

RINIE SE GEBOTTELDE PASTASLAAI

Vroulief Rinie het vandag weer ons heeerlike pastaslaai aangevul,want dit is ‘n moet in die Louw’s se spens kas. Hierdie is waaragtig baaaaie lekker.

  • 325 ml olie
  • 500 ml suiker
  • 500 g uie, geskil en gekap
  • 1 kg tamaties, ontvel en gekap
  • 2 groen soetrissies, ontpit en in repies gesny
  • 250 ml asyn
  • 100 ml mayonnaise
  • 500 g pypie pasta
  • 2 soplepels Aromat
  • Tabasco sous na smaak
  • 2 teelepels elke van growwe sout, peper, swartpeper, fyngedrukte knoffel

Kook noedels, dreineer en hou eenkant.
Kook olie, suiker, uie, tamaties, soetrissies en asyn vir 20 min.
Voeg die res van die bestanddele, sowel as die noedels by en kook deur vir 5 min.
Bottel warm.

Nota:
Die nadeel van die pypies is dit hou baie lug in die pypies as dit gebottel word so probeer maar soveel moontlik lug uit kry.
Inteendeel skulpies noedel werk lekkerder wat dit betref.

Resep en foto: Rinie en Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page