Your Recipe Blog

RINIE SE GEBAKTE SNOEK

RINIE SE GEBAKTE SNOEK

Vroulief het gistraand vir ons die heeerlike snoek gebak en saam met tjips voorgesit. Dit was so lekker sappig en smaaklik. MY VROU KAN!!!!

  • Maak ‘n droë meelmengsel van:
  • 1 koppie koekmeel
  • 1 teelepel sout
  • ½ teelepel witpeper
  • knypie smoked paprika en kerriepoeier
  • Ekstra:
  • 1 eier, geklits

Rol die visporsies in die meelmengsel, daarna in een geklitste eier, dan weer in die meelmengsel.
Laat staan vir ongeveer ‘n uur in die yskas.
Bak in matige verhitte olie, ongeveer 3 tot 4 minute aan elke kant tot goudbruin, afhangende van die dikte van die porsies.

Resep:  Rinie Louw
Foto:  Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page