RINA SE PIESANGBROOD
Beste in die weste, probeer dit gerus.
- 3 groot piesangs, fyngedruk
- ½ koppie margarien
- ¼ teelepel sout
- 2 eiers
- 1 teelepel vanilla
- 2 koppies koekmeel
- 1 ½ teelepel bakpoeier
- 1 teelepel koeksoda
- ½ koppie karringmelk of suur gemaakte melk (250 ml melk met 20 ml suurlemoensap of asyn)
- 1 ½ koppie suiker
Meng fyn piesang, suiker en sagte margarien goed. Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam en voeg by piesang mengsel. Meng eiers baie goed en voeg by mengsel. Meng vanilla en koeksoda met melk en voeg laaste by. Meng goed.
Bak by 180°C tot bruin en gaar ongeveer ‘n uur tot uur en 15 min hang af van die oond.
Toets met toetspen in die middel van die brood, indien skoon uitkom, is broodjie gereed.
Nota:
Jy kan ook so 3/4 koppie gekapte neute en/of klapper insit indien verkies.
Ek het vanoggend die broodjie gebak, maar omdat ek net 2 groot piesangs gehad het, het ek twee klein appeltjies gerasper en bygesit, en dan 125 ml klapper ekstra.
Ek lees gister Ina Paarman gee die raad, wanneer jou piesangs baie baie ryp is, is dit baie goed om eerder met karringmelk of jogurt te bak, dan kry mens beter tekstuur, nou ek het met karringmelk gebak en ek moet sê die broodjie voel vir my baie goed.
Resep: Rina Kleinhans
Foto: Elize de Kock
Ina De Beer
Ek het vanaand hierdie resep gemaak en my familie was mal oor die piesangbrood.
Ek het die resep dubbeld aangemaak vir 2 brode, n koppie klapper bygegooi en die margarien met olie vervang.
Dit is n super lekker piesangbbroodjie.