Your Recipe Blog

RINA SE PIESANG- EN NEUTMUFFINS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 25 minutes

RINA SE PIESANG- EN NEUTMUFFINS

  • 350 ml bruismeel (ek het gluten vrye meel gebruik)
  • 50 ml semels
  • 5 ml bakpoeier
  • 5 ml koeksoda
  • 125 ml hawermout
  • 3 ryp piesangs, fyngemaak, as hulle klein is sit een gerasperde appel by
  • 1 groot eier, geklits
  • 75 g fyngekapte neute
  • 50 ml klapper
  • 75 g margarien/botter, gesmelt en afgekoel
  • 10 ml asyn
  • 2.5 ml sout
  • Opsioneel:
  • 50 ml suiker of versoeter – proe aan jou deeg en pas aan na smaak

Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Sif die meel, bakpoeier en koeksoda saam, meng met die neute, klapper, suiker en hawermout.
Maak die piesangs fyn, klits die eier en meng die piesang, eier en botter, voeg die asyn by.
Meng nou die twee mengsels saam, indien die deeg te droog is, voeg bietjie melk by, maar ek het nie nodig gehad nie.
Sit papiervorms in jou groot muffin pan, en skep die deeg in die 6 vorms, of 12 kleintjies.
Bak vir 25 min  as dit in die 6 pan gebak word of tot gaar vir die kleitnjies.

Nota:
Hulle is op hulle lekkerste wanneer hulle warm geëet word.
Met die glutenvrye meel het dit amper die tekstuur van ‘n skon.
Geniet dit.

Resep en foto: Rina Kleinhans

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page