RIN SE KOLWYNTJIES IN PLAATKOEK GEBAK
Gou 2 koeke gebak vir ‘n verjaardag koek vir my huishulp se dogter wat verjaar. Dis Rin se kolwyntjie resep – net verdubbel soos hier aangedui. Ek gebruik nie ‘n ander resep as die een nie.
- 6 eiers, geskei, klits witte styf
- 1 koppie olie
- 1 koppie water
- 1 teelepel vanilla geursel
- 1½ koppie suiker
- 3 teelepels bakpoeier
- 1 teelepel sout
- 2 koppies koekmeel
Klits eiergele en suiker goed saam tot lig van kleur.
Meng water en olie saam met eiergele, voeg vanilla geursel by.
Sif koekmeel, bakpoeier en sout goed saam.
Klits meelmengsel stadig by eiermengsel.
Laaste vou die styf geklitste eierwitte by en meng tot net gemeng.
Gebruik ‘n gespuite oondpan, skep die beslag in die pan.
Bak by 180°C vir 20 – 30 min tot gaar.
Versier soos verkies.
Nota:
Sjokolade koek
Vervang halwe koppie koekmeel met 1 koppie kakao.
Kook jou 1 koppie water en meng kakao en 2 teelepels koffie saam. Laat effens afkoel voor dit by res van bestanddele gemeng word.
Vir die hoof foto het ek die resep een en ‘n half keer aangemaak.
Chocolate ganache gemaak vir versiersel.
Foto en resep aanpassing: Suenell Liebenberg