Your Recipe Blog

RIENIE SE HERDERSPASTEI

Avatar photo
Recipe by
Cook: 45 min.

RIENIE SE HERDERSPASTEI

  • Maalvleis:
  • 500 g maalvleis
  • 1 1/2 koppie gemengde groente wat ontdooi is (gevriesde groente)
  • 1 blik (410g) tamatiesmoor
  • 1 ui geskil en fyn gekerf
  • 1 eetlepel “crushed garlic”
  • 1/2 teelepel “chillie flakes”
  • 1 teelepel “Italian herbs”
  • 4 eetlepels suiker
  • 2 teelepels sout
  • peper na smaak
  • 4 eetlepels balsamiese asyn
  • Kapokaartappels:
  • 4 aartappels
  • ½ koppie botter
  • 1 koppie warm melk
  • witpeper, na smaak
  • 1 teelepel sout

Braai die ui en voeg die knoffel, chillie flakes, sout en peper na smaak, italian herbs en balsamiese asyn by. Voeg dan die vleis by en meng. Kook dan die mengsel tot die vog weg is, indien daar vog is. Voeg dan die tamatiesmoor en groente asook die suiker by en laat prut vir omtrent 10 minute.
Maak nou die kapokaartappels:
Kook vier aartappels tot gaar en dreineer en trek skille af. Voeg by sout en witpeper asook die botter en warm melk en druk fyn en meng alles saam. Skep die vleis-en-groentemengsel in ‘n oondvaste bak en maak gelyk. Skep dan die kapokaartappel bo-op en maak gelyk en krap strepies met ‘n vurk daarop.
Bak in ‘n voorverhitte oond op 180°C vir 45 minute, en as dit klaar is “grill” dit vir ‘n paar minute net om die aartappel effens te verbruin.
Geniet!

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page