RICE KRISPIE CUPS
- 1 blikkie kondensmelk
- 1 – 2 koppies Rice Krispies (vir jou oordeel, afhangende van hoe styf of hoe slap jy dit wil hê)
- kort roomys keëltjies “baking cups”
Plaas kondensmelk in ‘n mikrogolf bak.
Begin met kook van kondensmelk:
1 blikkie kondensmelk kook jy tussen 8 -10 min, afhangende van mikrogolf sterkte.
Jy moet dit ten minste elke 2 minute roer anders brand dit, of kook dit oor.
Wanneer die kondensmelk nie meer vinnig opkook nie, haal uit die mikrogolf en meng Rice Krispies by.
Roer deur en skep in “Baking Cups”.
Lek asb die lepel af, want dis net so lekker!!
Foto: Carol-Lee Van Heerden