RICE CRISPIE KOEKIES
Nou is ek vir eers klaar met kersies. Hierdie maak sommer ‘n koekblik vol koekies.
- 250 g margarien, kamertemperatuur
- 500 ml witsuiker
- 2 groot eiers
- 5 ml vanilla geursel
- 625 ml koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- 7 ml koeksoda
- 2 ml sout
- 500 ml hawermout
- 500 ml klapper
- 500 ml Rice Crispies
- glanskersies vir versiering
Verroom margarien en suiker, voeg eiers en vanilla by en meng.
Sif droë bestanddele saam en voeg by bottermengsel. Meng deur, voeg dan die hawermout en klapper by en meng goed deur.
Voeg laaste die Rice Crispies by en meng deur.
Maak bolletjies, druk plat in handpalm en plaas op voorbereide bakplaat.
Sit ‘n stukkie kersie bo-op elke koekie en bak by 180ºC vir 12 min.
Laat afkoel en bêre in lugdigte houer.
Resep en foto: Marie Grobler
Iandra Christien Maré:
Dit is die derde of vierde keer wat ek hierdie koekies bak. Dit is heerlik! Het die resep op julle blog gekry jare gelede. Dis elke keer ‘n sukses. Lewer 3 panne van 24 koekies.