RICE CRISPIE KOEKIES MET FUDGE BO-LAAG
- Koekies:
- 400 g pak Rice Crispies (ek het die sjokolade een gebruik)
- 2 pakke 150 g elk klapper malvalekkers
- 3 eetlepels botter
Smelt botter in ‘n groot kastrol oor matige hitte, voeg die twee pakke malvalekkers by en roer tot dit goed gemeng is. Voeg die Rice Crispies by en meng goed deur, werk vinnig, dit kan stol voordat dit plat gesmeer is in die pan.
Spuit ‘n groot diep oondbak met “spray and cook” en skep mengsel in die bak.
Druk vas met waspapier anders sit dit aan jou hande vas. Laat dit goed afkoel.
- Mikrogolf fudge
- 100 g margarien
- 1 blikkie kondensmelk
- 500 ml strooisuiker
- 5 ml vanilla
Plaas die margarien saam met die kondensmelk en strooisuiker in ‘n baie diep mikrogolf-bestande glasbak.
Kook vir 2 minute by hoog en roer deur.
Mikrogolf dan vir 10 minute verder terwyl jy elke nou en dan die fudge roer.
Nader aan die einde, gaan jy dit meer kere moet roer, voeg die vanilla by as die 10 minute amper om is.
Gooi die fudge bo-oor die afgekoelde Rice Crispie koekies.
Nota:
Ek het jellie lekkers en Rollo’s bo-op gesit.
Laat afkoel en sny die lekker soet sonde in blokkies. Geniet!
Foto en resep: Leonore Badenhorst