Your Recipe Blog

RIBBOK GROENTEPOT

RIBBOK GROENTEPOT

Resep geplaas deur Christelle van Rooyen
Foto: Christelle van Rooyen

  • ± 800 g gaar en fyn ribbokvleis (myne is afgekook van bene en in pakkies gevries met sous)
  • 1½ koppies McCain Hawaiian Stirfry groente
  • ½ koppie gevriesde ertjies
  • 1 medium gekerfde wit ui
  • 1 koppie rou macaroni
  • 1 koppie blokkies gevriesde boerpampoen (of ander groente van jou keuse)
  • 1 pakkie Knorr bruin uiesoppoeier
  • sout, peper en Aromat na smaak
  • gedroogde knoffelkorrels na smaak
  • Plaas gevriesde groente (behalwe pampoen), ui en macaroni in ‘n medium pot en verhit. Maak seker daars genoeg sous om alles in te kook of voeg bietjie water by.
  • Voeg sout, peper, bietjie Aromat en knoffelvlokkies by. Voeg die gevriesde pampoen by sodra die macaroni amper gaar is.
  • Maak die soppoeier met klein bietjie water aan en voeg by vir smaak en dikker tekstuur soos benodig sodra alles gaar is.
  • Roer gereeld dat pot nie aanbrand onder na sop bygevoeg is nie.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page