Your Recipe Blog

RIBBETJIES EN AARTAPPELWIGGIES

RIBBETJIES EN AARTAPPELWIGGIES

“Yummy 😋 😋.”

  • Aartappelwiggies:
  • aartappels, hoeveelheid na smaak
  • 1 teelepel sout
  • ½ teelepel peper
  • 1 teelepel braaispeserye
  • 1 teelepel paprika
  • olie, vir braai
  • Ribbetjies:
  • varkribbetjies, hoeveelheid na smaak (pork loin spare ribs)
  • 1 teelepel sout
  • ½ teelepel peper
  • ½ teelepel gemengde speserye
  • 1 teelepel paprika
  • 3 eetlepels bruinsuiker
  • 1 eetlepel Worcestershiresous
  • 100 ml braaisous (bbq sous)
  • 100 ml tamatiesous
  • 2 koppies water
  • 1 teelepel mielieblom (maizena)

Sny aartappels in wiggies soos op foto. Skud wiggies in bak saam met droë speserymengsel. Braai die wiggies in warm olie.
Meng al die ribbetjie-sousbestanddele, behalwe mielieblom.
Plaas ribbetjies in elektriese drukkoker, giet sousmengsel bo-oor en kook op hoë druk vir 15 minute. Haal die ribbetjies uit en plaas in gesmeerde oondbak.
Verstel drukkoker na sauté en verdik sous met mielieblom, aangemaak met klein bietjie ekstra water.
Smeer sous oor ribbetjies en bak in oond vir ongeveer 20 minute by 200 °C.
Bedien saam met die wiggies.

Resep en fotos: Chantal Smuts

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page