RIANA SE KAASKOEK
- 2 houertjies roomkaas
- 1 houer suurroom
- 1 sakkie Orley Whip
- 1 blikkie kondensmelk
- 1 koevertjie (10 g) gelatien
Maak kors van koekies (van jou keuse) en sit bietjie in yskas.
Los gelatien op in kwart kop lou water, roer tot opgelos.
Klits al die ander bestanddele saam, gooi gelatien in en klits.
Gooi beslag op kors en sit in yskas.
Ek het sommer blikkie aarbeie geneem en oorgegooi, en die sous bietjie dik gemaak met klein bietjie Maizena (so 1 teelepel).
Whalla en hier is hy!!! enige vrugte sal werk, en kan in beslag ook gegooi word.
Resep en foto: Riana du Plessis