RETHA SE KARRINGMELKBESKUIT
Klaar beskuit gebak. Gaan deurnag droog. Die resep het ek by my moeder, Wilma Marais, gekry toe ek nog in die laerskool was. Hy kan nie flop nie.
- 10 koppies koekmeel
- 2 koppies suiker
- 2 teelepels sout
- 18 teelepels bakpoeier
- 750 ml Amazi
- 250 g Rama 70% vet of botter
- 3 ekstra groot eiers
In ‘n groot bak, meng die meel, bakpoeier en sout saam.
Vryf die botter in die meelmengsel in dat dit soos krummels lyk. Meng die suiker by.
Klits die eiers en karringmelk/Amasie saam.
Meng die eiermengsel by die meelmengsel en meng goed deur.
Nie nodig om te knie, sorg net dat alles goed gemeng is.
Sit die deeg in ‘n voorbereide pan of skottel.
Bak in voorverhitte oond teen 170°C vir 70 min, toets dan elke 10 min tot gaar.
Laat koud word, sny in beskuite soos verkies en droog of eet dit op met baie botter nog voor dit koud is.
Resep en foto: Retha Winterbach