Your Recipe Blog

RETHA SE KARRINGMELKBESKUIT

Recipe by
Cook: Ongeveer 70 - 80 minute

RETHA SE KARRINGMELKBESKUIT

Resep en foto:  Retha Winterbach
Klaar beskuit gebak. Gaan deurnag droog. Die resep het ek by my moeder, Wilma Marais, gekry toe ek nog in die laerskool was. Hy kan nie flop nie.

  • 10 koppies koekmeel
  • 2 koppies suiker
  • 2 teelepels sout
  • 18 teelepels bakpoeier
  • 750 ml Amazi
  • 250 g Rama 70% vet of botter
  • 3 ekstra groot eiers
  • In ‘n groot bak, meng die meel, bakpoeier en sout saam.
  • Vryf die botter in die meelmengsel in dat dit soos krummels lyk. Meng die suiker by.
  • Klits die eiers en karringmelk/Amasie saam.
  • Meng die eiermengsel by die meelmengsel en meng goed deur.
  • Nie nodig om te knie, sorg net dat alles goed gemeng is.
  • Sit die deeg in ‘n voorbereide pan of skottel.
  • Bak in voorverhitte oond teen 170°C vir 70 min, toets dan elke 10 min tot gaar.
  • Laat koud word, sny in beskuite soos verkies en droog of eet dit op met baie botter nog voor dit koud is.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page