RETHA SE BOONTJIESOP
Resep geplaas deur Retha Collett
Foto: Retha Collett
My man maak vreeslike fancy kos en het vandag vir die 2de keer gevra of die resep neergeskryf het. Dit gebeur nie sommer nie 😂
- 500 g suikerboontjies
- 6 wortels
- 1 groot patat (ek gebruik oranje patats)
- 3 seldery stingels
- 2 preie (leeks)
- 2 uie
- 20 ml botter
- 1 pakkie Knorr soppoeier (Lamb and Veggie)
- 1 skaapskenkel (lamb shank – die hele een)
- 250 g spek
- 1 groot blik tamatiepuree
- Worcestershire sous
- sout en swart peper na smaak
- Week die boontjies in water terwyl jy besig is met voorbereiding van die res van die groente.
- Kap seldery, preie en uie, plaas in drukkoker saam met botter en spek. Laat dit solank bietjie karameliseer saam met die skaapskenkel.
- Dreineer boontjies se water af, spoel af in nog water en voeg die boontjies by die drukkokermengsel.
- Voeg kookwater by tot die drukkoker half is en die groente bedek is plus nog 5 cm water (ek het ‘n klein drukkoker, dis so ongeveer 1,2 liter water). Seël en laat stoom opbou en kook vir ongeveer 90 min (of langer – solank daar voldoende stoom uitkom en dit nie brand nie).
- Skil wortels en patat en rasper fyn (voedselverwerker).
- Na 90 minute, skakel drukkoker af en laat stoom afloop. Skep die mengsel in ‘n groot soppot saam met die wortels, patats, tamatiepuree.
- Kook vir 30 minute. Voeg sout en Worcestershire sous by na smaak.
- Haal die skenkel uit en sny enige vleis wat nog mag vassit af en sit terug in die sop. Maak soppoeier aan met bietjie koue water en voeg by.
- Sout en swartpeper na smaak.
- Bedien warm met varsgebakte brood.
Category:

