REPELSTEELTJIES MET ‘N VERSKIL
Word ook Lepelsteeltjies genoem.
- 250 g botter
- ½ teelepel sout
- ½ teelepel bakpoeier
- 2 koppies koekmeel
- 250 g gerasperde kaas (Cheddar)
- soetrissie sous/ appelkooskonfyt
Room botter goed.
Sif meel, sout en bakpoeier saam.
Meng die meelmengsel by botter in.
Voeg die kaas by en meng baie goed deur.
Rol klein balletjies, en plaas op gesmeerde bakplaat.
Druk ‘n gaatjie in die middel van die balletjie. (nie deur nie – net ‘n holte)
Vul gaatjie met rissiesous “sweet chilli” of appelkooskonfyt.
Bak vir ± 12 – 15 minute by 180°C.
So maklik. Lekker eet.
Foto en resep: Rindi Becker Goosen
Foto 2: Wilna Dorfling
Baie lekker van ou Dae se koekies. Resep maklik om te maak.
Familie slaan vuis.