REON SE BROODROLLETJIES
- Meng die volgende en laat staan vir 10 minute:
- ¾ koppie water
- 1 pakkie kitsgis
- 1 teelepel suiker
- Na 10 minute voeg die volgende by:
- 1½ koppie koekmeel
- 1 teelepel olie
- 1 teelepel sout
Meng die deeg en knie met ‘n deeghakke, laat deeg staan om te rys vir 1½ uur op ‘n warm plek.
Rol deeg in bolletjies, pak op voorbereide bakplaat en laat staan vir 45 minute om weer te rys.
Plaas die rolletjies in die oond teen 230°C vir 7 minute.
Draai na 7 minute die oond af na 210°C en bak verder vir 10 minute.
Probeer dit!! Dis rerig lekker!
Nota:
Ek’t kaas oorgesit. Jy kan dit net so bak of enige bolaag oorsit.
Sit jou bolaag op voor dit in die oond gaan.
Let wel, ek’t die beslag dubbel aangemaak.
Resep en foto: Reon Conradie