RENTIA SE HOENDERSOP
- 1 heel hoender
- hoender speserye na smaak
- 1 aartappel
- 2 wortels
- 1 prei
Vul die prutpot halfpad met koue water en kook net die hoender met die hoender speserye oornag op “low”. Net eers die hoender.
Pluis die hoender en haal die bene volgende oggend uit. Ek hou die velle in. Dis jou eie keuse.
Maak driekwart vol met water en rasper daarna die aartappel in en sny die wortels en prei in. (Doen hoeveelheid volgens grootte van prutpot).
Kook tot wortels sag is op “low”. Kook deurgaans op “low”.
Daarna sit die hoender noedel sop in wat met bietjie water aangemaak is. Jy kan twee pakkies bysit as jy wil. Ek het nie sout by die sop gevoeg nie. Dis ook eie smaak keuse.
Resep en foto: Rentia Davidson