RENÉ SE ANDERSTE RYS
- 2 – 3 koppies gaar rys
- 250 g stukkies spek
- 4 Frankfurters/Russians
- 2 uie, fyn gesny
- bietjie olie
- 2 koppies Hawaiian roerbraai groente
- “sweet chili” sous
- 1 pakkie kaassous, aangemaak
- gerasperde kaas vir bo-oor
Braai ui in olie tot liggeel. Voeg spek by en roer tot gaar.
Voeg roerbraai groente by, saam met die “sweet chilli” sous en sout en peper.
Sny Frankfurters/Russians in ringetjies en roer by. Laat prut vir 5 – 8 minute.
Voeg gaar rys by.
Maak intussen kaassous aan. Roer by. Laat prut weer 5 minute.
Voeg gerasperde kaas op voor bediening. Smelt soos verkies of roer net deur.
Vinnig en vullend. Werk goed met loadshedding. Kan koud ook geëet word.
Resep en foto: René de Bruin
Rina Booysen:
Ek maak ook altyd anderste rys. Myne het mushrooms, uie, pietersielie en redelik speserye in. Braairys is ook heerlik!