RENCHA SE KERRIE SOSATIE
- Marinade:
- Meng die volgende saam en hou eenkant:
- 4 eetlepels medium kerriepoeier
- 2 eetlepels borrie
- 1 eetlepel masala
- ½ koppie olie
- ½ koppie asyn
- ½ koppie blatjang
- ½ koppie appelkoos konfyt
- 1 eetlepel koekmeel, om dik te maak
- Ekstra:
- 2 uie, fyn gekap
- olyfolie vir braai
- sosatie vleisblokkies
- uie, grof gesny vir inryg
Braai die fyngekapte uie, tot deurskynend in bietjie olyfolie.
Meng die marinademengsel by die uie, giet ‘n koppie water by en laat prut ‘n paar minute tot verdik.
Laat die sous afkoel.
Ryg die blokkiesvleis en uie in die sosatiestokkies en pak dit plat in ‘n groot bak.
Gooi die marinade oor die sosaties, laat marineer tot benodig. Hoe langer, hoe beter.
NS: Baie dankie Rencha! Dis ‘n voortreflike resep!
Resep: Rencha du Preez
Foto: Liezel van der Merwe