REGTE SPUR KAASKOEK
- 3 x 250 g houers gladde maaskaas/roomkaas
- 250 ml room
- 1 koppie witsuiker
- 4 eiergele
- vanilla geursel
- sout na smaak
- 1 eetlepel vlapoeier, hoogvol
- 4 eierwitte
Meng alle bestanddele, behalwe eierwitte.
Klits eierwitte styf en vou by mengsel in.
Skep in ‘n voorbereide pan of kleinpannetjies.
Bak 45 minute by 160 °C.
Laat heeltemal afkoel voordat jy dit uit die pan haal, versier soos verkies.
Resep geplaas deur Ilse Erasmus
Foto: Michelle Van der Westhuizen
Nota 1 – Michelle Van der Westhuizen: Ek het ook 60 ml suurlemoensap bygevoeg.
Nota 2 – Rina Kleinhans: Ek sal nooit kaaskoek in iets anders as ‘n losboompan bak nie; dit is te broos. Anders kan die pan met bakpapier uitvoer word sodat die kaaskoek makliker uitgehaal kan word.